Local newsNews

Blink toekoms wag op jong danseres

“Ek geniet die net my dans nie, ek lewe vir dit"

Alhoewel sy nou eers vir 15 maande dans, is die jonge Storm du Toit se trofeekas reeds propvol goud- en silverware.

Die 10-jarige danser van Petersfield uitbreiding oefen daagliks twee tot vier ure lank om haar vaardighede te slyp.

Storm se veelsydigheid en dans talente het gesorg dat sy genooi is om in Praag, Skotland en Europa aan dans kompetisies deel te neem. Sy het egter die geleenthede van die hand gewys omdat sy teveel ander verpligtinge het.

“Alhoewel dit haar dans loopbaan ‘n groot hupstoot sou gee, het ons liewer daar teen besluit omdat sy redenaars kompetisies, hokkie wedstryde, netbal wedstryde en akademiese verpligtinge het wat sy nie kan misloop nie,” het haar ma, Chandré (32) gesê.

Storm word as ‘n baie aktiewe kind beskryf. Sy is tans ‘n Graad Vier leerling aan die Laerskool Jan van Riebeeck waar sy netbal, hokkie, redenaars en spanredenaars beoefen. Sy het ook haar plek op die top 20 verseker.

“Die hoeveelheid toewysing en liefde wat sy insit met alles wat sy aanpak, maak alles die moeite werd.”

Sy word deur Mariska Wolmarans van Dance Directions with Mariska afgerig. Sy ontvang lesse in jazz, hip-hop, disco, bhangra, lyrical, hip-hop duet en open groep dans.

“Ek geniet die net my dans nie, ek lewe vir dit,” het Storm trots vertel.

Storm het die beoordelaars van die Dance Talent & Model Association se provinsiale kompetisie, wat op 15 Junie plaasgevind het, beïndruk en met die prys vir die algehele wenner in die open-kategorie weggestap.

Die Dance Talent & Model Association se nasionale kompetisie sal op 16 Julie plaasvind en hier beoog sy om weer te beïndruk sodat sy na die internasionale rondte kan deur dring en sodoende haar plek op die MCS Bootreis te verseker.

Sy gaan ook einde September aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem en beoog om hier te kwalifiseer om in die VSA deel te neem.

“My mamma hart wil bars van trots en daar is geen twyfel dat sy nog groot hoogtes gaan bereik nie.”


Related Articles

 
Back to top button