Local newsNews

Bekendes bemoedig jong seuns

Die gassprekers het op 22 Junie by AGS Lofoord jong seuns toegespreek.

Twee liefdadigheidsorganisasies, Geliefd en Recovering Manhood het op 22 Junie ‘n mannebraai te AGS Lofoord in Strubenvale aangebied.

Die dag is deur gassprekers Revan Luus, Ilan van Staden en Jannes Erasmus behartig. Ongeveer 24 seuns tussen die ouderdomme 11 en 13 het die oggend saam met die gassprekers geniet.

Die jong seuns is bemoedig om die regte keuses in die lewe te maak en om God deel van al hulle besluite te maak.

“Dit is belangrik om die volgende generasie toe te rus en die regte ‘tools’ te gee sodat hulle ‘n Godvresende generasie kan wees,” het Brigit du Plessis van Geliefd gesê.

Na afloop van ‘n bemoedigende praatjie het die seuns saam met Revan, Ilan en Jannes gebraai en lekker verder gekuier.

Related Articles

 
Back to top button