Local newsNewsSport

Brakpan te sterk vir Springs

Springs Rugbyklub kry die wind van voor.

Springs Rugbyklub het in Saterdag se Valke Peregrine Liga kragmeting teen Brakpan te staan gekom en nie ‘n goeie dag op die veld beleef nie.

Die wedstryd was op die Bosman Stadion in Brakpan gespeel en Springs moes in al drie wedstryde die aftog blaas.
Springs se eerste span het 57-21 teen Brakpan se eerstes verloor.

In die eerste helfte het Brakpan oor Springs geloop en was hulle teen rustyd reeds 40-7 voor. Die tweede helfte was meer gelykop waar Springs ‘n verdere 14 punte aangeteken het en Brakpan 17.

Die tweede en o21-spanne se eindtellings was so te sê dieselfde waar Brakpan se tweedes 20-14 gewen het en by die o21’s het Brakpan met 21-14 geseëvier.


Related Articles

 
Back to top button