Musikant droom groot

Die 35-jarige Lawrence Herselman is vinnig besig om naam te maak in die popmusiek bedryf as musikant en skrywer.

Die 35-jarige Lawrence Herselman is vinnig besig om naam te maak in die popmusiek bedryf as musikant en skrywer.

Lawrence se lied Toe jy myne was is onlangs genomineer vir die beste pop enkelsnit vir vanjaar se Afri-Indie Toekennings.

Die spoggeleentheid sal op 7 Augustus by die Afriforum Teater in Pretoria plaasvind waar alle sangers en kunstenaars vir hulle bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf vereer word.

“Dis ‘n ongelooflike gevoel om te weet dat kenners in die bedryf jou raaksien en jou musiek waardeer,” vertel hy trots.

Dit was nie Lawrence se eerste benoeming vir sy musiek nie. Hy was vroeër vanjaar ook as Publieke Stem van die Jaar vir die AITSA Toekennings genomineer.


Lawrence Herselman droom daarvan om die verhoog saam met beroemde kunstenaars te deel.

Lawrence vertel sy liefde vir musiek kom uit sy kleintyd.

“Ek het nog altyd ‘n liefde vir musiek gehad; dit was van kleins af ‘n groot deel van my lewe,” vertel hy.

Lawrence, wat in Eastvale woon, se musiekloopbaan het in 2000 amptelik afgeskop toe hy as sanger by ‘n plaaslike orkes aangesluit het.

Nou, jare later word sy musiekskatkis steeds aangevul met nuwe Afrikaanse snitte.

Hy erken hy was as jong sanger baie senuweeagtig elke keer as op die verhoog moes klim, maar vandag is dit nie meer die geval nie.


LEES OOK: Springs seniors celebrate winter solstice


“Dit is ‘n lekker gevoel om op ‘n verhoog te klim en te kan sien hoe my musiek die mense aanraak,” vertel die passievolle musikant.

Lawrence tree graag in Benoni, Secunda, Pretoria en selfs Hartebeespoortdam op. Hy sê elke plek se eienaar het ‘n aandeel in sy sukses.

Die tema van sy jongste enkelsnit word beskryf as ‘n lekker partytjie treffer.

Só vertel hierdie musikant oor sy nuwe uitreiking, Mooi So, wat binnekort op digitale platforms beskikbaar sal wees.

Lawrence droom groot en beoog om eendag op een van die groot produksieverhoë, soos Krone, op te tree.



LEES OOK: Springs Striders celebrate their marathon runners

Exit mobile version