Springs Rugbyklub het Saterdag teen Boksburg in die Peregrine Liga te staan gekom. Die wedstryde van die eerste, tweede en o21-spanne was op die Olympia Park sport gronde beslis.
Springs se eerste span het Boksburg met 31-12 kafgedraf. Die halftyd telling was 12-5 in Boksburg se guns.
Springs se punte is aangeteken soos volg:
Drieë: Francois Prinsloo (1), Romano Naude (1), Tiaan Boshoff (1), Rudolph Potgieter (1) en André Stroiz (1). Doelskoppe: André Smith (3).
Daar was ook een geelkaart in die wedstryd uitgedeel. Springs se tweede span het ook koning gekraai nadat hulle Boksburg se tweedes met 54-0 verslaan het.
Springs se o21-span het ‘n moeilike wedstryd gehad en moes met 34-10 die knie teen Boksburg buig. Springs se volgende wedstryd is Saterdag teen Brakpan, op die Bosman Stadion in Brakpan.