Solidariteit Helpende Hand Springs-tak het vir Vadersdag 'n projek van stapel gestuur waar hulle geskenke aan die bejaarde pa's by tehuise uitgedeel het. Laerskool Selectionpark en Hoërskool Hugenote het bydraes tot hierdie projek gemaak. Fanie Keyser het die pakkie wat Martie de Villiers aan hom gegee het, baie waardeer.