Local newsNews

Vroue geniet insiggewende praatjie

Die vroue het na 'n insiggewende toespraak oor beroertes geluister.

Die lede van die Vroue Landbou-unie het verlede Woensdagmiddag weer lekker gekuier tydens die maandelikse vergadering.

Hulle het ‘n propvol program geniet waartydens die takvoorsitter Louise Fourie opkomende datums met die vroue bespreek het, insluitend die jaarlikse kongres wat op 27 Augustus gaan plaasvind.

Daarna was ‘n maatskaplike werker van die Life Springs Parkland Hospitaal se Rehabilitasiesentrum, Melanie Niewoudt aan die woord gestel.

Melanie het insiggewende inligting oor beroertes met almal gedeel.

Sy vertel hoe belangrik dit is om ‘n beroerte te identifiseer.

Sy meen die eerste een tot vier ure na ‘n beroerte kan deurslaggewend wees.

“Beroertes kan met enige iemand gebeur, dit is nie net ouer mense wat beroertes kry nie,” sê sy.
Na afloop van Melanie se waardevolle inligting het die lede lekker sop geniet en gesellig verkeer.

Related Articles

 
Back to top button