Sy het aan vier dans kategorieë deelgeneem en goed gevaar.
Die Laerskool Christiaan Beyers se Esmari Conradie het onlangs goed gevaar by die Gauteng dans-, talent- en modelvereniging toekennings. Sy het in kontemporêr, hip-hop, jazz en bollywood gedans en deurgedring na die volgende rondte wat in Julie sal plaasvind.