VLU lede geniet ‘n leersame vergadering

Die VLU se 40ste bestaansjaar vind op 1 Junie by Dr WK du Plessis Skool plaas.

Die maandelikse vergadering van die VLU Springs-tak was baie insiggewend toe Elouise Smith van Doterra Essensiële Olies, die vroue toegespreek het.

Die vergadering het verlede Woensdag by die AGS Kerk, Fonteinedal in Geduld plaasgevind.

Elouise het die lede en gaste meer van haar olies vertel, asook die gebruike daarvan.

Sy lê klem op die oneindige voordele wat hierdie olies op mens se liggaam en gesondheid het.

Dit was ook Louise Fourie se eerste vergadering wat sy as die nuwe takvoorsitter gelei het.

Sy het verskeie opkomende projekte bespreek insluitend die tak se funksie om hul 40ste bestaansjaar te vier.

Dié geleentheid vind 1 Junie plaas en Louise kan by 083 268 8570 gekontak word vir meer inligting.




ALSO CHECK: Attend a musical concert for a good cause

ALSO CHECK: WATCH: Push to restore abandoned PAM Brink Stadium

Exit mobile version