Vriende braai saam vir televisieprogram

"Agter die skerms het ons lekker gek geskeer en selfs mekaar se braaitange weggesteek."

Ses van Springs se eie het aan die 19de seisoen van ‘Kom Ons Braai’ deelgeneem wat 20 April op DSTV-kanaal 147 uitgesaai is.

Die braaitange het gekruis tussen die Boonzaaier gesin van Petersfield, die Thysse gesin van Casseldale en twee vriende, Alwyn Barnard en Marko Greyvenstein.

Elkeen het slegs twee en ‘n half uur gehad om al die disse voor te sit.

Die onderskeie spanne beoordeel mekaar dan op hul braaivernuf, die smaak van die kos en die manier waarop hulle onthaal is.

Eerste op die beurt was die Thysse gesin, Jauné en Gerhard. Hulle tema vir die dag was ‘laat die koppies uithaak’.


Marko en Alwyn het derde geïndig met 16 punte.

Jauné en Gerhard het onder meer hoender, skaaptjops en kaaskoek op die vuur voorberei en bedien.

Die eindtotaal wat hulle vir braai, smaak en onthaal ontvang het, was 21 punte.

Vriende, Alwyn en Marko het op hul beurt die braai met ‘n Cowboy-tema afgeskop. Hulle spyskaart was onder meer biefstuk en paptert, en vir nagereg het hulle ‘n pastei met sjokolade en malvalekkers op die vuur voorberei.

Alwyn en Marko het vir braai, smaak en onthaal 16 punte ontvang.

Volgende op die beurt het die Boonzaaiers, Monique en Francois met ‘n unieke seerower-tema. Op hulle spyskaart was gerolde filet, ‘n aartappelgereg en kaneelbroodjies wat ook op die vuur gaargemaak is.


Gerhard en Jauné het tweede geïndig met 21 punte.

Hulle het 23 punte gekry vir braai, smaak en onthaal en het dus in dié episode van ‘Kom Ons Braai’ as die beste braaiers weggestap.

“Omdat ons vriende is het ons van die begin af gesê dat daar geen kwade gevoelens sal wees oor wat ons van mekaar op televisie sê nie,” het Monique gesê.

Sy vertel ook dat daar agter die skerms met mekaar gek geskeer is en dat hulle selfs mekaar se braaitange weggesteek het.

“Dit was groot pret. Ons het met goeie gees kompetisie gehou.”

Omdat die episode reeds in Desember geskiet is, meen Monique dat dit egter moeilik was om stil te bly oor wie die wenner was.

Sy sê hulle was veel gemakliker voor die kamera op die derde dag drie, as op die eerste dag.

Volgens Monique en Francois sal hulle enige dag weer aan hierdie televisieprogram deelneem en hoop om in die toekoms op die Kom ons braai: Celebs program gesien te word.

Exit mobile version