Kind (5) is ‘n lopende wonderwerk

Zoe is in 2018 gebore en het op die oog af normaal voorgekom. Volgens haar ouers Marie (27) en Gary (32) was sy ‘n volmaakte klein bondeltjie vreugde.

“Jou kind sal nooit kan loop nie.”

Dit is die vreesaanjaende woorde wat klein Zoe Venter se ouers twee jaar gelede moes aanhoor.

Zoe is in 2018 gebore en het op die oog af normaal voorgekom. Volgens haar ouers Marie (27) en Gary (32) was sy ‘n volmaakte klein bondeltjie vreugde.

Toe Zoe teen haar tweede verjaarsdag steeds nie kon loop nie, het Marie besluit om haar na ‘n plaaslike kliniek te neem. Die kliniek het haar na die Verre Oos-Rand Hospitaal verwys waar sy verskeie toetse ondergaan het.

Zoe is op twee-jarige ouderdom met ‘n misvormde ruggraat gediagnoseer. Volgens mediese personeel is sy egter met die misvormde ruggraat gebore en daar is vir haar ouers gesê dat sy nooit sal kan loop nie.

Ten spyte van dié diagnose het die Venter gesin nooit ophou hoop nie. ‘n Jaar en ‘n half later het Zoe haar eerste tree gegee en loop sedertdien op haar eie.

Volgens Marie kan sy tans net kort afstande loop en nie hardloop of rondspring soos ander kinders van haar ouderdom nie.

“Sy kan glad nie vêr loop nie en kla vinnig dat haar rug seer raak,” het Marie aan die Spings Advertiser vertel.

Volgens Marie is daar ‘n operasie wat Zoe kan ondergaan om haar rugstring te probeer herstel maar dat daar slegs 50% kans is dat die operasie suksesvol sal wees, anders sal sy nie weer kan loop nie.

“Ons wil nie daardie kans vat nie,” sê Marie. “Om vir ewig net kort afstande te loop is beter as wat sy glad nie kan loop nie.”


Klein Zoe onlangs in die Nelson Mandela Kinderhospitaal waar haar linker nier verwyder is.

Verlede jaar is daar ook ‘n knop op Zoe se lae rug opgemerk wat onophoudelik gegroei het. Die knop is later as ‘n tuberkulose abses identifiseer.

Nadat die asbes verwyder is, het die dokters met toetse opgemerk dat Zoe se linker nier slegs nege present funksioneel is.

Sy is op 15 April in die Nelson Mandela Kinderhospitaal in Johannesburg opgeneem waar verdere toetse gedoen is, gevolg deur ‘n operasie waar haar linker nier verwyder moes word.

Benewens die struikelblokke met Zoe se gesondheid word die vyfjarige wonderwerk steeds as ‘n “happy go lucky” kind deur haar ouers beskryf.

“Sy is ‘n absolute geskenk van bo en ek is bitter trots op haar omdat sy so sterk is.”



ALSO READ: Street shower transforms lives

ALSO READ: Natalie’s journey of healing, hope and love

 

Exit mobile version