Adriaan mik vir hoër vir volgende jaar se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Adriaan Botha, ‘n atleet van die Laerskool Christiaan Beyers het op 26 Maart aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in Limpopo deelgeneem. Hy het sy skool in die o11-hoogspring item verteenwoordig waar hy oor die eerste hoogte gevorder en daarna uitgeval het.