Solidariteit deel paaseiers uit
Die kinders was veral opgewonde om Hetta Paashaas te sien.
Martie de Villiers, voorsitter van die Springs-tak van Solidariteit Helpende Hand en Hetta Paashaas het verlede week besoek aan verskeie kleuterskole in Springs gebring. Die kinders is vermaak en ook met paaseiers bederf. Die jongspan is ook bewus gemaak waarom Paasfees gevier word.