Die inwoners van die Esda Aftree-oord het Vrydag ‘n eenman vertoning, Die Boervrou geniet.
Die vertoning word opgevoer deur die bekende persoonlikheid en besigheidsvrou van Heidelberg, Sandra Taljaard.
Solidariteit Helpende Hand se Springs-tak, onder voorsitterskap van Martie de Villiers het daartoe bygedra dat die opvoering in by die aftree-oord kon plaasvind.
Tydens die vertoning word die boervrou in die geskiedenis van Suid-Afrika uitgebeeld.
Die inwoners het die toneelstuk geniet, met vele wat met Taljaard se vertolking van die geskiedenis kon identifiseer.
ALSO READ: Eerste bokstoenooi vir 2024
ALSO READ: Promoting cleanliness and style in the taxi industry