Parkies bied netbaldag aan

Daar was 18 skole en 30 netbalspanne betrokke by hierdie PEP-mini-netbal byeenkoms.

Laerskool Selection Park het op 2 Maart die jaarlikse PEP-mini-netbaldag op hulle tuisgronde aangebied.

Met hierdie geleentheid beoog PEP-mini-netbal om vir meisies die geleentheid te bied om hul netbalvaardighede in ‘n prettige manier te leer en te ontwikkel.

Daar was 18 skole en 30 netbalspanne betrokke met die hoop om hul netbalvaardighede op te skerp.


Exit mobile version