Local newsNews

Paaseiers word benodig

Kleuterskole sal besoek word met ‘n poppekas.

Solidariteit Helpende Hand se Springs-tak is tans besig om Paaseiers in te samel.

Die doel hiervan is om Paaseiers by kleuterskole uit te deel wanneer die organisasie verskeie kleuterskole in die dorp gaan besoek met ‘n poppekas.

“Ons wil deur middel van die poppekas vir ons kleintjies leer waaroor die Paastyd eintlik gaan,” het Martie de Villiers, voorsitter van die Springs-tak gesê.

Die skenkings kan afgelewer word te Kentsirkel 68, Petersfield, Springs of skakel vir de Villiers by 082 579 9755.



ALSO READ: Community hall in Bakerton shocked at water bill

ALSO READ: Ekurhuleni joins the world to mark Tuberculosis Awareness Month

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button