Onderwyseres hou PAM Brink se naam omhoog

Megan Wiggill het haar skool se naam hoog gehou by vanjaar se Gauteng Distrik Onderwys en Ondersteuning Toekennings.

Megan Wiggill het vanjaar Laerskool PAM Brink se naam omhoog gehou tydens die jaarlikse Gauteng Distrik Onderwys en Ondersteuning Toekenningseremonie.

Die geleentheid het 27 Februarie by die Springs Burgersentrum plaasgevind en dit is hier waar Megan ‘n rits toekennings opgeraap het.

Sy het weggestap as administrateur van die jaar, tegniese beampte van die jaar, afrigter van die jaar en het ook ‘n toekenning ontvang vir die ontwikkeling van skaak.

“Dit was baie onverwags. Ek was heel onkant gevang met al die toekennings,” het Megan vertel.

Exit mobile version