Local newsNews

Jannie ruiters maak skoonskip

Perde ruiters hou Jannies se naam hoog by ruiter kompetisie.

Twee leerders van die Laerskool Jan van Riebeeck, Zak Havenga (Graad Twee) en Amoré Botha (Graad Vyf) het aan die onlangse SANESA ruiter kompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar.

Dié kompetisie het op 3 en 4 Februarie te Kaylami Ruiterklub plaasgevind. Hier het beide Zak en Amoré die skool se naam in hul onderskeie afdelings om hoog gehou.

Zak het ‘n eerste plek vir beide working riding en dressage ontvang.

“Ek was baie bly, ek het sommer op en af gespring,” vertel hy opgewonde.

“Ons was baie verras aangesien dit sy eerste keer was om aan so ‘n groot kompetisie deel te neem,” het sy ma Marieka (32) met trots vertel.

Marieka het hom van drie-jarige ouderdom af reeds alles van perdry geleer wat sy kon, maar hy het eers verlede jaar by Winstead perdestalle aangesluit vir amptelike lesse.

Dit is hier waar hy tans een tot twee keer per week hard saam met sy perd Gizzy, oefen. Zak geniet glo Gizzy se spoed en hou daarvan wanneer hulle hoog spring.

“Ek wil baie graag so hoog soos die mense op die televisie kan spring,” verduidelik hy.

By dieselfde SANESA kompetisie het Amoré ‘n eerste plek vir show jumping en ‘n tweede plek vir Prix Caprili behaal.

“Ek is baie trots op my perd en sommer op myself ook. Ek het geweet dat ek en Blokkies (haar perd) goed gaan presteer omdat ons hard gewerk het die laaste paar weke,” het sy gesë.

Ses jaar gelede het Amoré aanvanklik perdry as ‘n terapeutiese aktiwiteit begin, maar na slegs ‘n paar lesse was die koeël deur die kerk.

Sy en Blokkies oefen tans twee tot drie keer per week ook by die Winstead perdestalle. Haar ouers beskryf haar as veelsydig en baie talentvol.

“Amoré het puik presteer saam met Blokkies, en ons is trots op haar,” het haar ma Charmaine (40) vertel.

Amoré beoog om vir internasionale kompetisies te kwalifiseer maar haar eintlike droom is om eendag aan die

Olimpiese ruitersport deel te neem.

“Dit sal my grootste droom wees om Suid-Afrika by die spele te verteenwoordig.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button