Local newsNews

Laerskool Selection Park maak skoonskip by interlaer

Parkies het vanjaar skoonskip gemaak by die jaarlikse interlaer atletiek byeenkoms.

Die Laerskool Selection Park het by vanjaar se interlaer atletiekbyeenkoms as die algehele wenners uitgetree.

Die interlaer het op 6 en 8 Februarie op Laerskool Selection Park se tuis-gronde plaasgevind en tydens die byeenkoms het die span ‘n totaal van ses item-trofeës ingepalm, waarvan slegs een beker gedeel word.

Hulle het trofeë vir gewigstoot, verspring, hoogspring, middelafstande, hekkies en aflos verower.

Tydens die twee dae het Parkies se atlete ‘n totaal van 43 goue medaljes, 32 silwer medaljes en 31 brons medaljes verower.

Daar was ook 10 nuwe rekords opgestel deur van die Parkie-atlete.

Onderhoofdogter Kara Beytell is aangewys as die beste meisie baanatleet en Allistair du Preez het die toekenning vir die beste veldatleet ontvang.


Related Articles

Back to top button