Miss Teen World 2023 beoog om ander tieners te inspireer

Sy neem die titel wat sy ontvang het nie ligtelik op nie.

Die titel van Miss Teen World 2023 behoort nou aan ‘n tiener van Lodeyko. Nachalee Creser (17) het onlangs na Ecuador Guayaquil, Suid-Amerika, gereis om vir die titel om mee te ding.

Tieners van regoor die wêreld het aan die kompetisie deelgeneem. Nachalee vertel dit was ‘n onvergeetlike ondervinding en daar was baie oomblikke wat sy vir ewig sal koester.

“Die feit dat ons as Suid-Afrikaners meeste van die ander lande se deelnemers nie kon verstaan of met hulle kon kommunikeer nie, maar steeds saam kon lag en dans was vir my baie spesiaal,” het Nachalee vertel.

Uitdagings was daar beslis en Nachalee moes haar tyd fyn beplan om vir die kompetisie voor te berei, sonder om haar skoolwerk af te skeep. Sy is ‘n Graad 11 leerder aan Hoërskool Die Anker.


Nachalee Creser is onlangs as Miss Teen World 2023 gekroon.

“Voor die kompetisie was ons besig met die vierde kwartaal eksamens, maar met goeie beplanning en harde werk het alles mooi uitgewerk,” het sy vertel.

Sy neem ook nie die titel wat sy ontvang het ligtelik op nie.

“My doelwit vir die jaar, as titelhouer van Miss Teen World, is om ander tieners te help en te motiveer om te glo in wie hulle is en waarvoor hulle staan.

“Tieners staar elke dag baie uitdagings en probleme in die gesig, maar ek wil my mede-jeug bemagtig om dapper te wees en nie toe te laat dat enigiemand hulle minderwaardig laat voel nie.”


LEES OOK: Cyclists warned to be extra vigilant as attacks increase


Oor haar uiterlike skoonheid, wat bygedra het tot haar sukses in die kompetisie, is sy ook beskeie.

“Skoonheid is nie wat mense daagliks sien of wat aan die buitekant is nie; dit is hoe mens ‘n persoon van die binnekant leer ken. Skoonheid vir my is iemand wat selfversekerd, nederig en hul outentieke self is.”

Nachalee is ook onlangs aangewys as die hoofdogter van Hoërskool Die Anker vir 2024, ‘n taak waarvoor sy slaggereed is.

“Iets waarna ek baie uitsien is om saam my mede leerders en die leiergroep ons gemeenskapsprojekte vir 2024 aan te pak.

“Ek is passievol oor liefdadigheidswerk en ek weet dat ek en my groep die grootste sukses sal behaal wanneer ons gaan saamstaan om ‘n verskil te maak.”


LEES OOK: Ekurhuleni Call Centre agent of the year loves her job


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version