Local newsNews

Skenk wol om bejaarde te help

Die gesoute breier van Cassledale gaan voort met haar liefdadigheidswerk ten spyte van struikelblokke.

Casseldale inwoner, Ina Grobler brei nog al die pad kniekombersies vir haweloses.

Sy skenk dit aan God’s Angels, ‘n nie-winsgewende organisasie skenk, wat dit dan onder haweloses versprei.

Die Springs Advertiser het in April ‘n beroep gedoen vir die publiek om wol te skenk sodat Ina kan voortgaan met hierdie liefdadigheidswerk.

Die 80-jarige inwoner se sig verswak konstant, en al brei sy basies op gevoel, sal niks haar stuit om met haar liefdadigheidswerk voort te gaan nie.

Ina brei vir die liefde daarvan, en sal nie eens ‘n fooi vra as sy vir iemand ‘n trui brei nie. Die prys van wol is haar grootste struikelblok, buiten haar sig wat verswak, so enige skenkings van wol help haar om haar passie vol te hou.

Skenkings van wol van enige dikte, kleur of tekstuur kan by die Advertiser se kantoor te Vyfdelaan 48 afgelaai word, waarvandaan dit na Ina geneem sal word om haar te ondersteun.



ALSO READ: Fun household projects to do with your children

ALSO READ: Free online mental health support for matriculants

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button