Danksy die skenking het verskeie instansies en skole sakke uie ontvang.
Solidariteit Helpende Hand Springs-tak het onlangs ’n groot skenking van uie van ‘n skenker ontvang. Die uie is aan verskeie instansies en skole in die uitgedeel. Vita Nova in Daggafontein het ook hul deel ontvang. In die foto is Anna Kropf, Netty Smit, Martie de Villiers (voorsitter van die Solidariteit Helpende Hand Springs-tak) en Gerda Coulter.