Local newsNews

Hugenote revue is ‘n fees vir die oog

Die Hoërskool Hugenote se revue, As die Musiek Begin Speel, was 'n top gehalte vertoning gewees.

Die Hoërskool Hugenote se revue, As die Musiek Begin Speel, wat onlangs in die Ken Gampu Stadsteater aangebied is, was ‘n fees vir die oog.

Met kwaliteit kostumering, fantastiese beligting en tegniese verhoogwerk, sowel as uitstekende rekwisiete kan die vertoning beslis as top kwaliteit beskryf word.

Die tema was losweg gebaseer op die liefdesverhaal tussen een van die eerste Franse Hugenote en sy vrou, en al die liedjies was liefdesliedjies van een of ander aard gewees.

Die choreografie was uitstekend, en die energie van soliste tydens hul optredes was onverbeterlik.

Soliste was Marioné Muller, Kelly Dempsey, Chermele Wolmarans, Jolan Jansen van Vuuren, Francois Potgieter, Henlo Meyer, Wikus Bezuidenhout, Dillan Bach, Tané Erasmus en Nikita Meyer.


ALSO READ: Hospice East Rand name change imminent

ALSO READ: Prioritise correct car seat usage and installation




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button