Springs Rugbyklub Gold Cup skop met ‘n oorwinning af

Springs skop met 'n oorwinning in die Gold Cup af.

Die Gold Cup Rugbyreeks het die afgelope naweek afgeskop waar Springs Rugbyklub teen Pirates te staan gekom het.

Die wedstryd was groot aangesien dit die sterkste klubs in die Valke Unie asook Leeus Rugby Unie is. Tog was Springs veels te sterk vir Pirates en kon hulle die wedstryd maklik met ‘n eindtelling van 41–11 wen.

Tydens die wedstryd het Springs ses drieë gedruk teenoor een van Pirates. Springs se punte was as volg aangeteken:

Drieë: Strafdrie (1), Zain Janse van Rensburg, Tyrone Boesak, Jamie Campbell, Simpiwe Yika en Johan Zondagh. Doelskoppe: Brandon Hewitt (3), Strafdoel: Brandon Hewitt (1).

Vier van Springs spelers het ook die eer gekry om spesiale truie te ontvang vir hulle bydrae en lang diens aan die Springs Rugbyklub. Die klub vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar.

Elkeen van die spelers het ‘n trui ontvang, met die aantal wedstryde wat hul vir Springs gespeel het, wat op die rug aangedui word.

Die spelers is: Klaas van Wyk (154), Johan Zondagh (151), Francois Prinsloo (134) en André Smith (102).

Die span vir die wedstryd teen Pirates was: 1 Klaas van Wyk, 2 Mandla Plumstead, 3 Armandt Jordaan, 4 Felix Thoma, 5 Francois Fourie, 6 Pieter Nel, 7 Francois Prinsloo, 8 Zain Janse van, Rensburg, 9 Thabo Tau, 10 Brandan Hewitt, 11 Sweef Potgieter, 12 Henry Pike, 13 André Smith, 14 James Campbell en 15 Tyron Boesak. Reserwes: 16 Simphiwe Yika, 17 Victor Mbatha, 18 Reginald Thabethe, 19 C-Jay Strauss, 20 Rourke Lyte Mason, 21 Johan Zondagh, 22 Gerhard Jordaan en 23 Shaun Matsane.

Die spanne wat aan die Gold Cup reeks deelneem is:

Noordelike Groep: Wolverines (Luiperde), Wit Rivier (Pumas), Northam Rhinos (Limpopo), Collegians (Cheetahs), Bloemfontein Police (Cheetahs), Louis Trichardt (Limpopo), Naka Bulle (Blue Bulls), Union Milnerton (WP), Springs (Valke), Pirates (Leeus), Raiders (Leeus), Vereeniging (Valke), Sasol Secunda (Pumas) Rustenburg Impala (Luiperde), Welkom Rovers (Griffons) en Harlequins (Blue Bulls).

Suidelike Groep: False Baai (WP), Heidelberg (SWD) College Rovers (Haaie), Centurion (Blou Bulle), Progress (EP), Kimberley (Griquas), Crusaders (SWD), Tygerberg (WP), Sishen (Griquas), PE Harlequins (EP), Police (Grens), Bella Vista (Boland), Saldanha Bay (Boland), Ncera Luiperde (Grens), Wesbank (Boland en Westville Old Boys (Haaie).




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version