Local newsNews

Is jy ‘n Bok-ondersteuner? Wys ons en wen!

Wen ‘n R1000 koopbewys van Pick n Pay Springs Gate met jou Bok-foto.

Rugbykoors loop hoog met die 2023 Rugbywêreldbekertoernooi wat Vrydag (8 September) in Frankryk afskop.

Die Springbokke sal hul titel verdedig.

Is jy ‘n ondersteuner van die Springbokke? Bewys dit deur vir ons ‘n foto te stuur en jy kan moontlik ‘n etebewys van Maxis’ in die Mall@Carnival wen.

Dit is hoe jy inskryf:
Stuur vir ons ‘n foto wat wys dat jy ‘n stoere Bok-ondersteuner is.

Die foto kan by ‘n vorige wedstryd of geleentheid geneem gewees het, maar mag nie ouer as ses maande wees nie.

Daar kan meer as een persoon in die foto verskyn maar die persoon wat die foto inskryf sal die prys ontvang.

Name en vanne van almal in die foto moet aangedui word asook inligting oor waar en wanneer die foto geneem is.

As jy nie so ‘n tipe foto het nie kan jy dadelik kreatief raak en ‘n gepaste foto vir ons instuur.

Daar is geen ouderdomsbeperking nie. Of jy nou ‘n gesoute ondersteuner is of jou baba of kleuter wil inskryf, dit sal werk.

Let op die volgende:
• Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandagmiddag (4 September) om 16:00.
• Die wenfoto (en moontlik ook van die ander inskrywings) sal in die Herald gepubliseer word.
• Die wenner sal ook telefonies gekontak word.
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Brapkan.
• Meld ‘n kontaknommer in die e-pos.
• Inskrywings kan gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za
• Meld die woorde Go Bokke in die onderwerp kassie.
• Die waarde van die etebewys is R300 en dit kan nie vir kontant omgeruil word nie en is onderhewig aan sekere voorwaardes.



LEES OOK: 2024 school applications and placement process

LEES OOK: 7 arrested and zama zama equipment seized in informal settlements

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button