VLU geniet ‘n besige middag

Die lede het 'n vinnige vasvrakompetisie gehad om hul kennis van die jaarprogram te toets.

Die VLU Carpe Diem tak het onlangs bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering.

Die lede het soos gewoonlik hul artikels ingedien om beoordeel te word, heerlike kos te geniet en na ‘n interessante aanbieding geluister.

Onder bespreking was die nasionale boom van die jaar soos genomineer deur die VLU, asook die tak se boom van die jaar.


Linda Botha het die lede vertel van die bome en voël van die jaar.

Also read: VLU lede geniet gesellige vergadering

Die VLU se voël van die jaar is ook bespreek, voor die dames ‘n vasvrakompetisie oor die tak se jaarprogram gehad het.

Die jaarprogram, wat deur die voorsitter opgestel word, is ‘n boek met inligting oor die VLU, kompetisie artikels vir die jaar, en handel ook oor genomineerde items soos die Engelse- en Afrikaanse skrywers van die jaar, kunstenaar van die jaar, plante en diere van die jaar en voorgestelde studierigtings vir vroue om hul kennis en wêreldwysheid te verskerp.

Na die inligtingspraatjie en vasvra sessie is die wenners vir die maand se kompetisie aangekondig.


‘n Nuwe lid Debbie Ross ontvang haar jaarprogram van die voorsitter, Sankie Jordaan.

Vir gebak en lekkers was Sankie Jordaan eerste, Ericha Bezuidenhout wen die ope en kunsvlyt afdelings, Marsha Horn die blomme afdeling en Bettie Bezuidenhout het die fotografie afdeling gewen.

Die lede het daarna middagete geniet en terselfdertyd ook Joyce Enslin se 80ste verjaarsdag gevier.

Die Carpe Diem tak van die VLU vergader elke tweede Woensdag van die maand by die Sarel Cilliers saal in Rus ‘n Bietjie aftreeoord in Paul Kruger Oord.

Follow Us: FacebookTwitterInstagram

Exit mobile version