Solidariteit Helpende Hand se Piet Tandemuis het onlangs besoek afgelê by verskeie kleuterskole en laerskole van Springs en sy kennis oor mondhigiëne met die kinders gedeel. Die voorsitter van die Springs-tak van Solidariteit Helpende Hand, Martie de Villiers het Piet Tandemuis vergesel.