Die oogkundige praktyk het in die verlede ook al uitgehelp waar dit moontlik is.
PA Venter Oogkundiges het onlangs nie geskroom om ‘n bril te skenk vir ‘n 57-jarige vrou wat dringend ‘n bril benodig het, maar dit nie kon bekostig nie. Die voorsitter van die Springs-tak van Solidariteit Helpende Hand het vir Pieter Venter vir sy bereidwilligheid om te help bedank.