Local newsNews

Vita Nova ontvang skenking

Die rolstoel is aangepas om aan ‘n kind se behoeftes te voldoen.

Die Springs-tak van Solidariteit Helpende hand het onlangs ‘n rolstoel, serpe, handskoene, slaapsokkies en vroetelmoutjies aan Vita Nova, as deel van Operation Hope Grows geskenk.

Die rolstoel is spesiaal aangepas om aan die behoeftes van ‘n nege-jarige seun te voldoen.

“Die stoel sal onder andere help om sy lyf en kop regop te hou,” het Martie de Villiers, voorsitter van die Springs-tak verduidelik.

Sy het ook die donateur, wat die stoel geskenk het, bedank.

Sy het ook groot lof gehad vir Anne-Marie Daneel, Ina van der Schyff, Ruth Malan en Elize Green wat fluks gebrei het aan die items wat geskenk is.

Follow Us: FacebookTwitterInstagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button