Local newsNews

Ongewoon, maar kleuter (2) se galblaas verwyder

Die jong seuntjie was nie lank na sy operasie weer op die been en het geen tekens van pyn getoon nie.

‘n Twee-jarige kind van Paul Krugersoord, Zander Ferreira, is moontlik een van die jongste kinders ooit wat ‘n galblaas verwydering ondergaan het.

Volgens die Guinness World Book of Records was die jongste pasiĂ«nt 244 dae oud, en voor haar was daar ‘n pasiĂ«nt van 271 dae.

Zander het sy operasie op 21 Junie ondergaan.

Voor dĂ­t was die jongste pasiĂ«nt moontlik ‘n vyf en ‘n half jaar oue dogtertjie in IndiĂ« wat ook die wĂȘreldrekord in die Guinness boek behou het, wat Zander vermoedelik die derde jongste pasiĂ«nt maak wat ooit hierdie operasie ondergaan het.


Zander Ferreira is goed op die herstelpad.

Die opgewekte kleuter laat immers niks in sy pad staan nie en nege dae nadat hy die operasie ondergaan het, is hy volstoom aan die gang met sy speelgoed.

Zander se ma, Cisca, het vertel dat hy nooit gekla of getoon het dat hy pyn het nie, al was dit heel moontlik dat hy van geboorte af reeds galstene gehad het.

Sy het eers besef iets is drasties fout toe hy een dag onophoudelik opgegooi het en die behandeling vir ‘n maagvirus, waarop hy aanvanklik was, nie gewerk het nie.

Daarna het hulle ‘n sonar toets gedoen om te kyk wat verkeerd kan wees, waar hulle die galstene opgemerk het.
Cisca beskryf die galstene op die sonar as wattebolle wat uitmekaargetrek is.


‘n Dapper klein Zander Ferreira in die hospitaal.

“Daar was al so baie, dit het verkrummel in sy galblaas,” het sy verduidelik.

Verlede Donderdag het Zander sy eerste ondersoek gehad na sy operasie, voor sy steke uitgehaal word, en toevallig het die klein woelwater ook sy kop oopgestamp teen ‘n speelgoedwaentjie se handvatsel.

“Dit lyk of hy net nie ‘n blaaskans kry nie,” het Cisca gesĂȘ.

‘n DieĂ«tkundige is ook geraadpleeg, wat aan Cisca verduidelik het wat hy mag en nie mag eet nie, noudat hy nie meer ‘n galblaas het nie.


Zander Ferreira het na sy operasie ‘n EKG ondergaan.

Hy sal veral versigtig moet wees met meeste gekookte kosse, veral vetterige kos, wors, kos met souse, kos met baie speserye, gas koeldrank, groente wat hom kan laat opblaas en vrugte met fyn pitte soos aarbeie.

Dokters en verpleegsters was verstom toe hulle uitvind dat die klein vegtertjie galstene het, omdat dit ‘n probleem is wat gewoonlik volwassenes maar veral bejaarde mense aantas, en nie kinders nie.

Zander se chirurg, dr Ben Jansen van Vuuren, het volgens Cisca fantastiese werk met Zander se operasie gedoen.

“Hy het alles so mooi in detail aan my verduidelik en gesorg dat ek te alle tye ingelig en gerus was”.


LEES OOK: Experience a day with the SA Guide-Dogs Association for the Blind this Mandela Day


Tog was daar volgens haar komplikasies met Zander se hart tydens die operasie, waar sy lippe blou geword het waarskynlik weens ‘n tekort aan suurstof.

Hy moes ‘n elektrokardiogram (EKG) ondergaan, en opvolg afsprake is gereĂ«l om alle onsekerheid uit die weg te ruim.

Soos enige ma maar sal wees, was Cisca tog baie bekommerd oor haar seun en het sy gedurende die operasie gebid vir sy veiligheid en gesondheid.

“Mens kan dit net reg bid. Ek dink hy gaan een dag omtrent van sy ondervinding getuig,” het sy gesĂȘ.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button