VLU lede geniet gesellige vergadering

Die dames het hul maandelikse artikels laat beoordeel en heerlike kos geniet.

Die Carpe Diem-tak van die Vroue Landbou-Unie het Woensdag hul maandelikse vergadering gehou.
Louise Notnagel het die verrigtinge geopen waarna die gewone vergadering afgehandel is.
Drie lede het erkenning ontvang vir hul jare lange lidmaatskap aan die VLU. Ericha Bezuidenhout vir 10 jaar lidmaatskap en Linda Botha en Louise Notnagel vir 20 jaar.
Adele Horn het kortliks gepraat oor die eienskappe van lensies en die waarde daarvan vir geestelike en fisiese gesondheid.

Also read: VLU open jaar met indrukwekkende handwerk

Daarna het Jasmine Botha die lede vermaak met sang en Tina Botha het oor Herbalife gesels.
Bettie Bezuidenhout het die punte vir die maand se artikels aangekondig, en dit was soos volg:
In gebak het Adele Horn met 84% gewen en Marie Bouwer was tweede met 78%.
In die blomme afdeling was die wenner Tina Botha met 88% en die tweede plek het aan Wilna Evans met 83% gegaan.
Vir die herwinningsprojek het Adele Horn 76% gekry en Marsha Horn 70%.
In die ope afdeling het Ericha Bezuidenhout 90% gekry, Marsha Horn 76%, en Sankie Jordaan het ‘n “dot art” drupmatjie stel ingeskryf vir kritiek, maar nie vir punte nie.

Follow Us: FacebookTwitterInstagram

Exit mobile version