Neem ‘n Moedersdag foto en wen

‘n Geskenkbewys ter waarde van R500 kan gewen word.

Met Moedersdag om die draai, bied die Springs Advertiser ‘n fotokompetisie aan, waar een gelukkige leser ‘n R500 geskenkbewys van George’s Bread & Co, geleë te Clydesdaleweg 127, Casseldale, kan wen.

Ons soek ‘n foto wat daardie spesiale band tussen ‘n ma en haar kind/kinders wys.

Dit kan ‘n prettige foto of iets ernstiger wees.

Foto’s moet nie meer as vier maande gelede geneem wees nie en slegs inwoners van Springs kan vir die kompetisie inskryf.


Win with your photo this Mother’s Day


Die volgende inligting word vereis wanneer ‘n foto ingeskryf word (inskrywings sonder hierdie inligting sal nie oorweeg word nie):

• Naam, van en ouderdom van elke persoon in die foto.
• ‘n Kort beskrywing van waar en wanneer die foto geneem is.
• Die persoon wat die foto inskryf, moet hul naam en telefoonnommer verskaf.

Hoe om in te skryf:
Foto’s moet ten minste 1MB groot wees en kan as aparte Jpeg-aanhangsels per e-pos na thelma@caxton.co.za gestuur word.

Tik Moedersdag in die onderwerpboks.

Die sluitingsdatum is 8 Mei om 09:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

The Springs Advertiser behou die reg voor om die foto’s wat ontvang is in die koerant en aanlyn te publiseer.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Exit mobile version