Springs begin met ‘n goeie oorwinning

Springs Rugbyklub skop hulle Peregrine Liga veldtog vir 2023 af.

Springs Rugbyklub het hulle liga bepalings vir die Peregrine Liga Saterdag afgeskop teen Vereeniging op Olympia Park.

Vereeniging was vuur en vlam in die eerste helfte van die wedstryd en het al die punte in die helfte aangeteken om met rustyd 20–0 voor te loop.

In die tweede helfte het Springs gewys waartoe hulle in staat is en het met uitmuntende spel die wedstryd in hul guns beklink.

Springs het met 33–20 gewen.

Springs se drieë is gedruk deur Thabu Tau, Francois Prinsloo, Sweef Potgieter, Schalk O’Callaghan en Zain Janse van Rensburg.

Brandan Hewitt het vier van die drieë verdoel. Die speler van die wedstryd was Brandan Hewitt.

In die ander wedstryde het die tweede span gelykop gespeel met 28 elk en in die o21 wedstryd het Springs met 40-10 gewen.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version