Local newsNews

Seuntjie (6) sterf in kattebak van ouers se voertuig

Die seuntjie is in die kattebak van sy ouers se voertuig gevind.

Die ouers van ‘n ses-jarige blondekop seuntjie wat Sondag dood in die kattebak van hulle voertuig aangetref is, is ontroosbaar.

Enrico se ouers, Marie en Willem Snyders het Sondag met hul jongste kind na die hospitaal gejaag, nadat hy in die kattebak ontdek is maar dit was te laat om sy lewe te red.

Die gesin woon op ‘n kleinhoewe net buite Springs. ‘n Geregtelike doodsondersoek is aan die gang om te bepaal of die kind versmoor het of op ‘n ander manier gesterf het.

Springs inwoner, Esmé Strauss het ‘n baie hegte vriendskap met Enrico se ouers en het aan die Springs Advertiser gesê dat dit bitter swaar met hulle gaan.

“Hulle is absoluut gebroke en vat dit op die oomblik maar dag vir dag,” het Strauss gesê.

Haar troetelnaam vir Enrico was Lyfie.

“Daardie seuntjie het in almal se harte gekruip. Hy was dol oor Spiderman en was ‘n lewenslustige kind wat die lewe geniet het.

“Hulle was gereeld by my aan huis en daar is nog van sy speelgoed karretjies in een van my teepotte,” het Strauss vertel.

“Ons gaan sy vrolike lag en spontane geaardheid baie mis.”


Drug dealer Hector Masuku has been sentenced to 12 years for killing Sinenhlanhla


Enrico se ouers is te getraumatiseerd om die media te woord te staan.

Oor die presiese omstandighede wat gelei het tot die tragiese fratsvoorval wil Strauss of die ouers op die stadium nie uitbrei nie, aangesien die geregtelike ondersoek (soos in die geval van enige onnatuurlike sterfte) nog sy gang moet gaan.

Enrico was ‘n leerder aan die Laerskool Jan van Riebeeck.

‘n Herdenkingsdiens word môre (Saterdag) om 11:00 vanuit die AGS Kerk, Lofoord in Strubenvale vir Enrico gehou.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button