Local newsNews

MachKnitz skenk 20 breimasjiene

Die skenking van die 20 breimasjiene gee die projek 'n groot hupstoot.

MachKnitz, ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie in Springs wat ook verbonde is aan die Departement van Sosiale Ontwikkeling, het onlangs 20 breimasjiene aan Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak geskenk.

Die tak is tans besig met ‘n breiprojek om warm items vir die winter bymekaar te maak. Sommige van die lede het ook reeds opleiding van MachKnitz ontvang om ‘n breimasjien gebruik.

Die stigterslid van MachKnitZ, Adri Grib, het benewens die breimasjiene verskeie gebreide items soos serpe, truie, mussies en bedsokkies aan die voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak, Patricia Meyer, oorhandig.

“Ons is so dankbaar. Ek stomgeslaan deur die skenking,” het Meyer gesê.

“Ons is geseënd om die skenking in ontvangs te neem en dit sal verseker dat ons breiprojek volkome op stoom kan kom.”




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button