Rugbyklub se vieringe in volle swang

Springs se eerstes het oortuigend gewen.

Die Springs Rugbyklub het Saterdag ‘n suksesvolle rugbydag aangebied as deel van die klub se 100ste bestaansjaarvieringe wat deur die loop van die jaar sal plaasvind.

Verskeie spanne naamlik Edenvale O21, Heidelberg, Benoni, Middelburg, Vereeniging, Northam en Klerksdorp het na die rugbyklub gereis om aan die wedstryde van die dag deel te neem.

In die hoofwedstryd het Springs se eerste span teen Klerksdorp te staan gekom. Springs het met 68-24 gewen.

Andre Smith (kaptein) het die spelers op die veld gelei en sy leier eienskappe het deurgaans na vore getree.

Springs het hulle eerste drie na ses minute gedruk en nog ’n verdere vier drieë in die eerste helfte gedruk.

Vier van die drieë was vervyf. Klerksdorp het met twee drieë geantwoord waarvan een vervyf was. Springs het met 33-12 teen halftyd voorgeloop.

Die tweede helfte was so te sê ‘n dubbele weergawe van die eerste helfte. Springs het ‘n verdere vyf drieë gedruk en almal was vervyf en Klerksdorp het weer twee drieë gedruk met een vervyfskop.

Daar was 17 skrums en 16 lynstane in die wedstryd. Springs het 17 strafskoppe afgestaan teenoor Klerksdorp se 13.

Daar was ook een geelkaart in die wedstryd.

Springs se puntemakers:
Drieë: Francois Prinsloo (3), Henry Pike (2), Sweef Potgieter (2), Ean Wirths (1), Shaun Matsane (1), Thabu Tau (1).

Vervyfskoppe: Brandan Hewitt (7) en Henri Pike (1).

In die ander wedstryde was die tellings soos volg:
• Springs o21 klop Edenvale 64-14

• Northam (derdes) klop Heidelberg 46-26

• Middelburg wen 34-22 teen Benoni 22

• Northam (eerstes) wen 45-38 teen Vereeniging 38

• Northam (tweedes) wen 47-27 teen Vereeniging

• Springs (tweedes) klop Klerksdorp (tweedes) 22-7


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version