Hugenote se 2022-matrikulante behaal 100% slaagsyfer

Agt matrikulante het besonder goed presteer in hul matriek eindeksamens.

Frans Styger, die hoof van Hoërskool Hugenote, is hoogs tevrede met die akademiese prestasie van die matrikulante van 2022.

Die skool het ’n 100% slaagsyfer behaal met die 196 matrikulante wat in 2022 hulle finale eksamen geskryf het.

Die groep het ook ’n 79.6% universiteitstoelating gevier. Verder het 17.9% van die matrieks gekwalifiseer vir diplomastudies en slegs 2.6% het ‘n gewone matrieksertifikaat.

Styger het sy toegewyde personeel geloof en is dankbaar vir leerders wat baie hard gewerk het.

Die leerders wat die beste presteer het is soos volg:

Die top kandidaat is Caro du Toit met agt onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskap, lewensoriëntering rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskap, en religiestudies. Sy wil elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Die skool se tweede beste student is Carina van Zyl met agt onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskap, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskap, en dramatiese kunste.

Sy wil graag ‘n oorbruggingsjaar (gap jaar) neem om in Europa te gaan werk en reis. Daarna wil sy meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Simoné Fasen het ook agt onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde geletterdheid, rekeningkunde, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, besigheidstudies, en dramatiese kunste behaal. Sy beoog om ‘n graad te kry in iets wat haar sal toelaat om haar potensiaal te benut, maar sy het nog nie besluit in watter veld nie.

ALSO READ: Veritas College impresses with 100% pass rate once again

Bronwyn Booyse het sewe onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, wiskunde, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, en ingenieursgrafika en ontwerp. Haar plan is om aan die Universiteit van Pretoria vir elektroniese ingenieurswese te studeer.

Niké Matthysen, die 2022 hoofdogter van Hugenote, het sewe onderskeidings vir Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskap, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, en lewenswetenskap ingepalm. Sy wil graag fisioterapie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Brent Whitcomb het sewe onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, fisiese wetenskap, wiskunde en rekeningkunde behaal. Hy beplan om sy baccalaureus graad in rekeningkunde aa die Stellenbosch Universiteit te ontvang.

Danté du Toit het ses onderskeidings in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekenaartoepassingstegnologie, ingenieursgrafika en ontwerp, asook geografie behaal. Sy beplan om siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Johannesburg te studeer.

Cathlyn Enslin het ses onderskeidings in Engels, lewensoriëntering, wiskunde geletterdheid, rekenaartoepassingstegnologie, besigheidstudies, en lewenswetenskap losgeslaan. Sy beoog om verpleegkunde te studeer.

Exit mobile version