Helpende Hand is reg vir die nuwe jaar

Die organisasie het 2022 op 'n hoë noot afgesluit.

Lede en vrywilligers van Solidariteit Helpende Hand Springs-tak het gedurende Desember sowat 900 geskenke by aftree-oorde en ouetehuise in die dorp besorg.

“Ons kon danksy die gemeenskap se ondersteuning suksesvolle Kerspartytjies vir die dorp se bejaardes aanbied,” het die voorsitter van die tak Martie de Villiers gesê.

“Om die opregte blydskap en vreugde op elke bejaarde se gesig te kon sien, kan nie in woorde beskryf word nie,” het De Villiers bygevoeg.

“Die projek sou egter nie moontlik gewees het sonder die publiek en besighede wat ruim bygedra het nie. Ek bedank graag elke skenker vir die skenkings wat gemaak is vir ons Kersfeesprojek.

“Ons het ‘n besige 2022 gehad en dit was ‘n voorreg om dit op ‘n hoë noot af te sluit. Nou sien ons uit na 2023.”



LEES OOK: Remembering Ria de Villiers

LEES OOK: SADAG launches face-to-face support group for men’s mental health

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version