Leser se goeie daad werp vrugte af

'n Helderkleurige sak wat aan 'n boom gehang het, het Katrien Prinsloo se oog gevang en het haar geïnspireer om die foto te neem.

Die Springs Advertiser het die lesers die geleentheid gegee om foto’s met ‘n Kersfees-tema in te stuur vir hierdie uitgawe (wat die laaste uitgawe vir 2022 sal wees).

Daar was ook ‘n prys, in die vorm van ‘n R1 000 koopbewys van Pick n Pay, Strubenvale op die spel.

‘n Foto wat deur Katrien Prinsloo (60) ingestuur het is gekies as die wenfoto. Sy het ook die gebeure, wat gelei het tot die neem van die foto, verduidelik.

“Gedurende die laaste paar maande moes ek menigmale die munisipale kantore van Springs se drumpel deurtrap,” het Katrien vertel.


LEES OOK: No Christmas gifts for waste management workers during December


“Elke keer was ek op ‘n baie vriendelik wyse ‘n skaduryke parkering deur een van die karwagte aangewys. Eendag, net voor ek uit my voertuig geklim het, merk ek ‘n `coolersak’ wat in ‘n boom hang.

“Die helderkleurige prentjie van vrugte op die sak wat my begroet het, was my ’n inspirasie toe ek later die dag gelees het van die foto kompetisie in die Advertiser. Ek het daar en dan besluit dat die vriendelike karwagte op my foto moet pryk.”

Katrien het die karwagte se toestemming gevra om ‘n feesmaal foto van hulle te neem.

“Ek het ter selfde tyd ook feesmaal pakkies en iets te drink aan hulle gegee. Die foto is geneem toe almal met ’n koeldrank in die hand ’n heildronk op die lewe gemaak het,” het Katrien vertel.



Follow UsFacebook, Twitter, Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version