SAFAS Ondernemers reik uit na Springs se seniorburgers

Die bejaarde inwoneres het die musiek en lekkernye terdeë geniet.

Die SAFAS personeel het die inwoners van Rus ‘n Bietjie Aftree-Oord getrakteer met musiek, sang en heerlike eet- en drinkgoed op 16 November.

Ester Enslin het die vermaaklikheid afgeskop op die elektroniese klavier en trekklavier en die talentvolle Elize Botes het die inwoners met haar nagtegal stem bekoor.

Wat ook ‘n gunsteling item was, was die Noot vir Noot spel, wat deur die inwoners geniet was. As beloning met elke korrekte antwoord het die deelnemers dan klein bederfies van SAFAS ontvang.

SAFAS personeel is ook ambassadeurs van Radio Kansel 657 AM. Hulle het dagstuk-boekies geskenk wat aan die senior burgers oorhandig is nadat hulle vrae oor Radio Kansel beantwoord het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version