Local newsNews

Oppiland Fees lok talle konsertgangers

Die Oppiland Fees het 24-26 Junie by Stable Inn plaasgevind.

Duisende mense het die afgelope naweek die Oppiland Fees, wat deur Lefra aangebied is, bygewoon.
Konsertgangers het Vrydagaand klappertand weer getrotseer om die openingsaand van die fees te beleef.
Saterdag het die weer beter saamgespeel en het die fees, wat by Stable Inn aangebied is, in ‘n reuse sukses ontaard.

Also read: 

Benewens ‘n lang lys bekende kunstenaars wat deur die loop van die naweek opgetree het, kon feesgangers ook vermaak vind in die groot aantal vlooimark stalletjies, teaterproduksies, wynproe, rofstoei, demonstrasies, ‘n mallemeule en natuurlike lekker feeskos.
Die Oppiland Fees was ‘n eerste van sy soort en die feesdirekteur, Frans Swart, het aangedui dat dit beslis nie die laaste sal wees nie.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Back to top button