Kleuter kritiek in hospitaal na voorval by kleuterskool

‘n Vyfjarige seuntjie van Dersley Park veg steeds om sy lewe in die Garden City Hospitaal nadat die toutjie van sy kappietop gisteroggend (Donderdag) aan ‘n glyplank by sy kleuterskool in Brakpan verstrengel geraak het.

‘n Vyfjarige seuntjie van Dersley Park veg steeds om sy lewe in die Garden City Hospitaal nadat die toutjie van sy kappietop gisteroggend (Donderdag) aan ‘n glyplank by sy kleuterskool in Brakpan verstrengel geraak het.
Marno Muller het glo by die glyplank afgegly terwyl die toutjie al stywer om sy nek getrek het en daartoe gelei het dat hy verwurg het.
Nadat hy van die glyplank gered is, is hy na die Life Dalview Hospitaal gehaas waarna hy na de Garden City Hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is.

Marno Muller word tans in die Garden City Hospitaal behandel. Foto: Facebook.

Sy ma, Helga Muller (39) het aan die Springs Advertiser gesê dat sy vanoggend om net na 3:00 met die hospitaal in verbinding was.
“Marnus is steeds onder verdowing en aan lewensondersteuning-masjiene gekoppel,” het Helga gesê.
“Al wat ons op hierdie stadium kan doen is om te bid,” het sy bygevoeg.
Helga het ook aangedui dat die gesin slegs ‘n hospitaalplan het en dat die mediese onkoste in die Garden City Hospitaal nie gedek word nie.

Also read: Familie eis hospitaal is sonder diens

Benewens die hospitaal onkostes bekommer sy haar ook oor die bykomende uitgawes soos brandstof om elke dag by die hospitaal uit te kom.
Persone wat haar kan bystaan met die bykomende uitgawes kan haar kontak by 079 654 1611.
Sy het egter hoflik versoek dat mense in ag moet neem dat sy nie onnodige oproepe kan beantwoord nie.
Persone wat wil bydra tot die mediese onkoste kan die volgende rekeningnommer gebruik.
Rekeninghouer: Hemelse Perels NPC
Standard Bank
Rekening nommer: 020196229
Takkode: 012442
Swift kode: SBZA ZA JJ
Verwysing: Marno

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version