Local newsNews

VLU leer meer oor heuning

Die vergaderings van die VLU Carpe Diem-tak word elke tweede Woensdag van die maand gehou en nuwe lede is altyd welkom.

Die maandelikse vergadering van die Vroue Landbou-unie se Springs-tak (Carpe Diem) was Woensdag ‘n stroopsoet gedoente.
‘n Byeboer, Mike Alter van Highveld Honey Farms en sy vrou, Cynthia, het besoek aan die tak gebring om interessante feite en inligting bespreek.
Mike het sy kennis oor byeboerdery in Suid-Afrika, wat nie te veel verskil van enige ander land se byeboerdery nie, met die lede gedeel.

Daar was ook ‘n uistalling van produkte wat van bye afkomstig is.

Hy het ook vertel dat heuning sekere mediese voordele inhou en kon self as diabeet getuig dat die daaglikse gebruik van heuning sy gesondheid positief beïnvloed.
Mike het ook voorheen heuning vir ‘n oop wond aan sy been gebruik, wat daartoe gelei het dat die wond heeltemal genees het.

Also read: Market to uplift the people of Springs

Verder het hy ook verduidelik hoeveel stuifmeel ’n by benodig om ‘n liter heuning te maak.
“Die geur van die heuning hang af van waar die bye hulle stuifmeel vandaan kry,” het Mike vertel.
“Dit kan byvoorbeeld van bloekombome of enige soort blom afkomstig wees. Bye meng die heuning glad nie en sal nie van bome en blomme dieselfde tyd heuning maak nie.
“Daarom kan ons ook die produk merk met die soort heuning wat dit is,” het Mike verduidelik.
Verskeie produkte, afkomstig van bye, is ook uitgestal.
Die vergaderings van die VLU Carpe Diem-tak word elke tweede Woensdag van elke maand in die Fonteinedal Kerksaal, wat op die hoek van Vierdestraat en Vyfdelaan geleë is, gehou. Die vergaderings begin om 1:30 vir 14:00.
Belangstellendes kan die voorsitter. Sankie Jordaan by 082 922 9712 kontak.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button