Local newsNews

18-Jarige sterf toe jy boetie probeer red

Brendon het gou agter gekom dat sy boetie in die moeilikheid is en ingespring om hom te help.

‘n Tragedie het homself drie dae na Kersfees afgespeel toe ‘n 18-jarige inwoner van die dorp sy broer se lewe probeer red het en in die proses self verdrink het.
Brendon Ferreira en sy gesin het op 28 Desember die Weltevrede Country Resort buite Parys besoek.
Brendon se jonger broer, Wian Ferreira (8), het sy speelding in die Vaalrivier kwyt geraak en gepoog om dit terug te kry.

Brendon Ferreira sou vanjaar sy matriekjaar voltooi het.

Brendon het gou agter gekom dat sy boetie in die moeilikheid is en het in die water gespring om hom te help.
Wian kon betyds deur omstanders uit die rivier gered word maar Brendon het onder die water verdwyn.
Die polisie se hulp is ingeroep en na ‘n soektog is sy liggaam ‘n dag later in die rivier gevind.

Also read: Nuwe hoofleiers by Hugenote

Die gesin woon die afgelope14 jaar in Springs.
Brendon was ‘n leerder aan die Hoërskool Hugenote waar hy vanjaar ‘n matrikulant sou wees.
Sy onderwysers beskou hom as ‘n fantastiese kind met goeie maniere en ‘n skerp sin vir humor.
“Brendon het altyd sy medemens bo hom gestel en wou ‘n voorbeeld vir ander wees,” het sy ma, Bernadette Lottering (43) gesê.
“Hy was enige ouer se trots,” het sy bygevoeg.
Hy was ‘n diereliefhebber en sou graag boerdery as beroep wou beoefen.
Die begrafnis het 6 Januarie by die Ou Apostoliese Kerk in Selection Park plaasgevind.

Follow us on our social media platforms:

Related Articles

Back to top button