Leer San van Wyk ken.

Leer Springs se mense ken.

San van Wyk (72) is die voorsitter van die Jesus Outreach Voedingskema. Die energieke vrou is altyd besig om ander te help. Haar eggenoot Hennie is in 2011 oorlede. Hulle het drie dogters, vier kleinkinders en vier agterkleinkinders.

• Jy is die voorsitter van die Jesus Outreach Voedingskema. Hoe lank is jy al betrokke by die skema?
Ek is al vir die afgelope 18 jaar betrokke.
• Vertel meer van die skema?
Ons reik uit na minderbevoorregte mense in ons gemeenskap. Tans gee ons ook kruideniersware en klere uit vir ongeveer 50 huisgesinne en senior burgers. Die projek is op die been gebring deur past Ben Loubser van AGS Jesus is Lig, Eastvale Gemeente en hy het my genader om dit te bestuur. Ons hou ook jaarliks Kerspartytjies vir sowat 74 minderbevoorregte kinders van ‘n plaaslike skool en ook vir 19 seuns van die Jabes Care Centre in Brakpan.

Also read: Getting to know Caitlin Swanepoel

• Wat is die grootste uitdagings waarmee julle te make het?
Dit is ‘n uitdaging om genoeg kos en fondse te kry om die mense in nood te help. Daar is geweldig baie mense wat in nood verkeer en die uitdaging is groot om soveel moontlik te help.
• Die skema is suksesvol, wat is die wenresep?
Ons basis is gebou op geloof in die Here om te voorsien.
• Wie word deur die skema gehelp?
Minderbevoorregte mense in ons gemeente en omgewing asook plaaslike senior burgers. Ons voorsien ook hulp aan 74 kinders van Môrester Skool, die 19 inwoners van die Jabes Care Centre in Brakpan en verleen hulp aan die Hope Crises Centre in Springs.
• Watter projekte pak julle deur die jaar aan?
Ons hou gereeld rommel verkopings (jumble sales) en ons verkoop ook goeie gebruikte klere.
• Jy is gedurig aan die hardloop, waar kry jy die energie vandaan?
Ek is geseënd met goeie gesondheid.
• Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek hou daarvan om te stap en stap elke Saterdag 5km. Ek geniet dit ook om tuinwerk te doen. Dit is vir my ook lekker om blokkiesraaisels te voltooi en te lees.

Also read: Getting to know Cobus van Eeden

• Wat maak jou op die plek kwaad?
Leuens en onregverdigheid.
• Wat sal altyd ‘n glimlag op jou gesig sit?
‘n Klein kind wat opgewonde raak as hy hawermoutpap sien in kruideniersware sak en wil dadelik wil eet.
• Wat is jou gunsteling kos/gereg?
Ek hou van vis en vir ‘n lekker gebakte poeding sal ek nie nee sê nie.
• Wat sal ‘n mens altyd in jou handsak vind?
Peppermente.

Follow us on our social media platforms:

 
Exit mobile version