Local newsNews

In die Kollig

Courteney Abrie (21) is ’n finalis in realiteitsreeks Ster-status wat op Via uitgesaai word.

Courteney Abrie (21) is ’n finalis in realiteitsreeks Ster-status wat op Via uitgesaai word. Sy woon saam met haar ouers, Annetjie en Cobus, in Selcourt. Courteney het ook ’n suster, Yovanka (33), wie in Nieu-Seeland woonagtig is en ’n tweeling broer en suster, Dominique en Cassandra (30).

Hoe het jy betrokke geraak by die reeks en wat het jou laat besluit om in te skryf?
Ek was by ’n modelagentskap waar hulle dit onder my aandag gebring het. Een van my vriendinne was in 2020 ’n deelnemer, so ek was bewus van waaroor dit gaan. Na ’n lang gedink, wik en weeg, het ek kop eerste in hierdie hele avontuur ingespring. Ek het geweet waarvoor ek myself inlaat, maar nie geweet wat die proses behels nie. My bord is altyd vol, maar vir my is dit oorvol of niks. Ek het geen spesifieke rede wat my gedryf het om in te skryf nie, maar soos die proses aangegaan het ek besef dit vul leemtes wat ek nie eers geweet het is leeg nie.
Wat hoop jy om te bereik?
Ek glo die uitkoms lê in die Here se hande alleen. Ek het deel gevorm van ’n baie sterk en dinamiese groep vroue. Elkeen is sterk op hulle eie manier en dit is inspirerend. Maar hier sit ek, vyf dae voor die finaal en my hart rustig en ek het vrede. Ek het reeds hieruit bereik wat ek so graag wou – lewenslange vriendinne en ongelooflike geleenthede.

Also read: Getting to know Cobus van Eeden

Wanner word die wenner aangekondig en op watse kriteria word die wenner bepaal?
Die wenner word op 3 Oktober aangewys. Daar is verskeie kriteria waarop ons beoordeel word. Ons het verskillende uitdagings gehad wat ons moes voltooi en waar ons dan punte gekry het by fotosessies, model, aanbieder en toneelspel. Daar is ook nie net een wenner nie, daar is plek vir wenners van liefdadigheid en persoonlikheid asook die direkteure se keuse. Die hoofwenner sal dan seisoen vier se aanbieder word en dan is daar eerste en tweede opvolger.
Wat was jou grootse uitdaging tydens die kompetisie?
Ek is eintlik maar skaam en teruggetrokke. My grootste uitdaging was om met almal te sosialiseer. Ek is ook die jongste in die groep. En dan natuurlik die toneelspel. Ek is ’n dramakoningin van natuur, maar sodra daardie rooi liggie van die kamera flikker vergeet ek sommer my naam.
Wat het jy deur hierdie proses van jouself geleer?
Ek het maar weereens besef dat ek ’n “go-getter” is. Dit waarop ek my kop sit, sal ek bereik al raak dit moeilik. Ek is tot soveel meer in staat as wat ek dink. Ek het dinge gedoen wat heeltemal uit my gemaksone was.
As jy vir al die jongmeisies daar buite een wenk of stukkie advies kan gee, wat sal dit wees?
Moenie dink nie, doen dit net. Glo in jouself en staan vierkantig agter jouself met alles wat jy aanpak. Moenie twyfel in dit wat jy weet jy kan doen nie, maak vrede met jou foute. Ons almal is menslik.

Also read: Getting to know Deidre Vrey

Watter rolle en verantwoordelikhede het jy gehad deur hierdie proses?
Ons het verskeie take gehad om uit te voer. Ons prioriteite het rond geskuif, soos wat sommige dinge belangriker as ander geraak het. By die kortfilm opname het elke dame baie verantwoordelikhede en rolle gehad rakende kontinuïteit, dekor, grimering en nog meer.
Beskryf jouself in drie woorde?
Spontaan, sterk en avontuurlustig.
Wat is jou gunsteling melkskommelgeur?
Sjokolade. Absoluut niks kan lekkerder wees as dit nie.
As jy vir een dag die president kon wees, wat sou jy verander?
Definitief werksgeleenthede. Daar is soveel maniere om eintlik werkloosheid te verminder. Iets wat my na aan die hart lê is liefdadigheid. Ek sal beslis ’n punt daarvan maak om nie-winsgewende organisasies meer ’n prioriteit te maak.

Follow us on our social media platforms:

 

Related Articles

Back to top button