Local newsNews

Hier val die fokus op vroue

Aksa is ook toegewyd tot die bemagting van vroue in Springs.

Die Groen Vy Teepot, ’n nuwe teekamer geleë te Osterlohweg 37, Casseldale, het op Vrouedag (9 Augustus) hul deure geopen vir die publiek.
Die geleentheid is gekenmerk deur ’n lint-sny seremonie deur die eienaars, Susan Roos en Tharina Pieterse.
Roos en Pieterse streef al lank daarna om ’n verskil te maak in die Springs gemeenskap deur veral op vroue te fokus.
Die span doen al sedert 2019 opheffingswerk en het in 2019 ’n nie-winsgewende onderneming met die naam Aksa (’n naam uit die Bybel) op die been gebring.

Also read: Sharoney se nuutste musiekvideo bekendgestel

Aksa was die afgelope twee jaar betrokke by verskeie liefdadigheidsorganisasies.
“Ons fokus veral op hulp vir families wie se lewens verwoes word in rampe, soos huis brande,” het Susan verduidelik.
Aksa is ook toegewyd tot die bemagtiging van vroue in Springs.
“As gevolg van Covid-19 en die inperkinge voel baie vroue geïsoleerd en het sommige selfs depressief geraak. Aksa bied beradingsdienste aan vir vroue wat dit benodig,” het Tharina verduidelik.

Also read: Sien die beste Afrikaanse musikante by Meat World Musiekfees

Dit is dan ook waar die idee van die Groen Vy Teekamer ontstaan het.
“Ons het nou ’n plek waar vroue in veilige omstandighede bymekaar kan kom en sommer net lekker saam kuier,” het Susan gesê.
Die teekamer bedien ook ligte maaltye en ander lekker eet- en drinkgoed.
Vroue wat meer te wete wil kom, kan vir Susan by 066 017 8955 skakel.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button