Leer ons mense ken

Sy is getroud met Bokkie (58) en die egpaar, wie twee kinders het, Jannie (33) en Ria (31), woon in Petersfield.

Martie de Villiers (55) is die projekleier vir Solidariteit Helpende Hand Springs-tak. Sy is getroud met Bokkie (58) en die egpaar, wie twee kinders het, Jannie (33) en Ria (31), woon in Petersfield.

Hoe lank is jy al betrokke by Solidariteit Helpende Hand Springs-tak?
Dit is nou ongeveer twee jaar, voorheen by die Brakpan-tak en nou is ek voltyds by die Springs-tak.
Jy is die projekleier van die tak, wat behels jou pligte?
Ek maak seker dat alle projekte wat ons aanpak binne die unieke raamwerk van ons projek val. Ek sien toe dat ons finansies heeltyd klop en ek is die skakel tussen die takbestuur en hoofkantoor. Ek is ook verantwoordelik vir die nodige inwin van hulpmiddels en advertensie. Ek streef daarna om elke projek soos ’n goed-geoliede masjien te laat verloop.

Also read: Leer jou mense ken

Wat het jou laat besluit om by die organisasie betrokke te raak?
Ek is reeds vir baie jare betrokke by ons plaaslike ouetehuise en ons mense. Dit is vir my ’n passie om te kan help en ’n dankbare gesig laat my weer krag en hoop kry vir die dag van môre.
Wat is die uitdagings?
Finansies en beskikbare hulpmiddels is beslis die grootste uitdagings by elke projek. Covid-19 het dit selfs verder geneem en enige ekstra geld wat mense sou spandeer om te kon help moet hulle noodgedwonge hou. Ek dink ook dat ons gemeenskap nog nie heeltemal bewus is van ons organisasie nie. Dit maak dit soms moeilik om ’n projek suksesvol af te handel.
Hoe kan hierdie uitdagings oorkom word?
Ek glo vas dat al die uitdagings oorkom kan word indien ons as gemeenskap hande neem en mekaar onderling help en bystaan. Daar kan dan ’n samehorigheid wees waarvoor geen uitdaging te groot sal wees nie.

Also read: Springs se Mense met Sanet Joubert

Hoe kan mense betrokke raak en help?
Springs-tak is nog baie jonk en ons kan doen met die hulp van Springs se gemeenskap. Belangstellendes kan op Helpende Hand Springs se webtuiste meer inligting bekom of in verbinding tree met die ons ondervoorsitter, Katy van der Merwe.
Waarvoor sal jy jouself onmiddellik vererg?
Ek het ’n kleintjie dood aan ongeskikte mense of wanneer iemand ’n leuen vertel.
Wat sal jou lekker laat lag?
My familie en vriende is my grootste bron van lag en gelukkig wees.
Wat sal mens altyd in jou handsak kry?
Ek het geen handsak nie, maar jy sal my nie sommer sonder my selfoon en kougom kry nie.
Jou gunsteling televisieprogram?
NCIS, ek dink Gibbs is bitter aantreklik, en natuurlik Binnelanders en Getroud met Rugby.

Follow us on our social media platforms:

Exit mobile version