Musiekliefhebbers is in vir ’n fees

Die konsert is deel van Lefra se aanlynfees van musiek, komedie en drama.

Aanhangers van Neil Diamond se musiek kan hul Sondag reg maak vir ’n kelderkonsert wanneer Alwyn Oberholster die konsert Beautiful Noise aanbied.
Die konsert is deel van Lefra se aanlynfees van musiek, komedie en drama wat oor die volgende paar maande elke Sondag om 17:00 in die gemak van jou huis geniet kan word.
Op die ouderdom van ses het Alwyn sy passie vir musiek ontdek en so het sy sangloopbaan begin.
In Beautiful Noise bring Alwyn hulde aan die legendariese Neil Diamond en sal gehore bekende liedjies soos Sweet Caroline, I am, I said, Kentucky Woman en natuurlik Beautiful Noise kan geniet.

Also read: RSG en lekker musiek op die ope oseaan

Alwyn is gewild en bekend onder gehore vir sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer, maar Neil Diamond bly sy gunsteling.
“Ek is mal oor die musiek van Neil Diamond en ken seker elke liedjie wat hy ooit geskryf het.
“My stem pas die Neil Diamond liedjies ook soos ’n handskoen. Ek probeer nie soos Neil Diamond sing nie, want daar is net een Neil Diamond, so ek gee my eie vertolking van die liedjies,” het Alwyn gesê.
Na Beautiful Noise op 15 Augustus kan aanhangers van musiekblyspele gerus naderskuif.

Also read: Sien die beste Afrikaanse musikante by Meat World Musiekfees

In Shades of Broadway op 22 Augustus om 17:00 trek Gregg Pettigrew die gordyn terug en gee ’n aangrypende blik op die eienaardighede, snaaksighede en unieke uitdagings van ’n akteur wat besig is om voor te berei vir verskillende rolle.
Country-liefhebbers kan op 29 Augustus om 17:00 uitsien na Country Legendes en Vriende.
Besprekings kan by www.itickets.co.za gedoen word of besoek www.lefra.com

Follow us on our social media platforms:

Exit mobile version