Local newsNews

Welsynswinkel open in Springs

Ons Winkel dien ook as werkskepping.

Solidariteit Helpende Hand het Vrydag een van sy gewilde welsynswinkels, bekend as Ons Winkel, in Springs ge-open en sien daarna uit om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Johan Fourie is die winkeleienaar van Ons Winkel Springs, wat op die hoek van 3de Straat en 9de Laan, Geduld. geleë is.

“Daar is soveel interessante en bekostigbare tweedehandse goedere, speelgoed, skatte en oudhede in die winkel.

“Alles wat die publiek hier aankoop, word weer vir ’n goeie doel aangewend om ’n verskil in die gemeenskap te maak,” het Johan verduidelik. 

Sien Groet die Grotman 2 hierdie Sondag in jou sitkamer

“Tog sou daar nie iets gewees het om te koop, as iemand dit nie geskenk het nie. Daarom moedig ons inwoners aan om enigiets wat by hul huise in die pad staan vir ons te skenk. So raak ’n mens van oorbodige huisware ontslae en weet dit word vir ’n goeie doel aangewend,” sê Johan.

Enigiets kan by die Ons Winkel afgegee word van meubels, oudhede, kombuisware, beddegoed, gordyne, speelgoed, klere, skoene en sporttoerusting tot tegnologiese ware of enigiets anders wat in die pad staan.

Ons Winkel neem hierdie goedere en omskep dit in geld wat, onder meer, vir Helpende Hand se Studiefonds benut word. 

City Power issues warning with cold front approaching

Die Studiefonds bied rentevrye studielenings aan studente wat kwalifiseer om verder te gaan studeer, maar nie die nodige fondse het om dit te doen nie.

Die opbrengste word ook aangewend vir verskeie ander projekte van Helpende Hand wat poog om armoede in Afrikaanssprekende gemeenskappe te verlig, te verbreek en te voorkom.

Ons Winkel dien ook as werkskepping vir die kontrakteurs wat die winkel bedryf en vir personeel wat in die winkels werk.

Vir meer inligting, skakel Johan by 082 062 3310

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button